Hierdie is die ideale bederf!
Jy kan nou iemand se dag ophelder met 'n spesiale boodskap van Jennifer Zamudio!
Bespreek jou bederf vandag nog!
1) Ek stuur 'n Whatsapp Boodskap/Text.
2) Ek maak 'n Whatsapp Oproep.
3) Ek maak 'n Whatsapp Video Call.
4) Ek stuur 'n ZAMOGRAM op Whatsapp! (Dit is 'n video, waar ek jou boodskap gee & 'n liedjie spesiaal sing vir die persoon)
Hoe maak jy:
1) Jy bespreek & betaal jou bederf hier.
2) Jy epos vir my die boodskap aan die persoon, die persoon se naam, die kontaknommer & die datum & tyd waarop dit moet gebeur, na info@jenniferzamudio.co.za In die geval van 'n Zamogram, moet jy ook die naam van die "Jennifer Zamudio" liedjie deurgee wat ek moet sing.
NEEM KENNIS
1. Jou bespreking, vir enige een van die bogenoemde, moet 7 werksdae, voor die datum wat dit moet gebeur, bespreek word.
2. Die ZAMOGRAM mag GEENSINS op enige Social Media Platform gepost word, in enige fromaat, nie. Dit is vir een persoon bedoel en word slegs aan daardie een persoon gestuur. Met jou bestelling van 'n ZAMOGRAM, stem jy in en onderneem jy dus om gehoor te gee aan hierdie versoek en dit sodoende te respekteer.