LOER IN BY MY AANLYNWINKEL - KLIEK NET OP WINKEL!

 

ZAMJAM CONTENT SUPPORT
 

Hi! Ek is Jennifer Zamudio, Afrikaanse Sangeres - aangename kennis!

Met 15 solo albums agter my naam, vermaak ek gehore regoor Suid Afrika reeds vir die afgelope 25 jaar & ek geniet elke oomblik daarvan!
Ek beskou myself nie net as kunstenaar nie maar ook as ‘n toegewyde sosiale media inhoudskepper!

Indien jy hou van my inhoud wat ek skep en plaas op my sosiale media rekeninge…sal jou ondersteuning nog te meer waardeer word WANT ek maak die inhoud SPESIAAL vir jou! Jy het nou die geleentheid om jou ondersteuning tot ‘n heelnuwe vlak te neem – dit is soos in ZAMJAM NEXT LEVEL!

Jy besluit self hoe jy dit wil aanpak om dit vir jou bekostigbaar en volhoubaar te hou en jy besluit ook vir hoe lank en of jy dit net eenmalig wil doen! En indien jy van plan verander iewers langs die pad kan jy altyd terugkom deur net weer op die skakel te kliek.

Dankie sommer byvoorbaat, vir elke like, comment, share, save & repost!

Baie dankie vir jou ondersteuning! 🤗😉🌸🎉

KLIEK net op die "link" hieronder:

MOBIPAID - https://mpaid.us/qA3Q


BELANGRIKE INLIGTING

 

Enige rekeninge wat voorgee om ek te wees of my naam, logo, profielfoto of ooreenkomste gebruik, is nie gemagtig nie en

is waarskynlik bedrieglike of "scam" rekeninge. Ek doen nie persoonlike sake of bied dienste aan via privaat boodskappe of derdeparty-platforms nie.

Neem asb kennis:

Ek sal jou nooit vir geld, persoonlike inligting of enige finansiële transaksies via sosiale media vra nie.

Alle amptelike kommunikasie, promosies en sakeverwante navrae sal slegs via geverifieerde kanale gedoen word.

As jy vermoed dat ’n rekening my naam misbruik of my naboots, rapporteer dit asseblief onmiddellik aan die betrokke sosiale media platform.

Jou veiligheid en sekuriteit is vir my belangrik, en ek moedig almal aan om waaksaam te bly teen aanlyn bedrog.

Dankie vir jou volgehoue ondersteuning! 🤗😉🌸🎉

Maak seker jy volg my ENIGSTE sosiale media rekeninge:

𝗙𝗮𝗰𝗲𝗯𝗼𝗼𝗸 - https://www.facebook.com/JenniferZamudioSA/

𝗜𝗻𝘀𝘁𝗮𝗴𝗿𝗮𝗺 - https://www.instagram.com/zamudio_jennifer/

𝗧𝗶𝗸𝘁𝗼𝗸 - https://www.tiktok.com/@jenniferzamudiosa

𝗬𝗼𝘂𝗧𝘂𝗯𝗲 - https://www.youtube.com/@jenzamudio

 
‼️ 𝗪𝗲𝗲𝘀 𝘃𝗲𝗿𝘀𝗶𝗴𝘁𝗶𝗴 𝘃𝗶𝗿 𝘀𝗸𝗲𝗹𝗺𝘀 & 𝗶𝗺𝗽𝗲𝗿𝘀𝗼𝗻𝗮𝘁𝗼𝗿𝘀, 𝗮𝘀𝗯! 𝗛𝘂𝗹𝗹𝗲 𝗶𝘀 𝗴𝗲𝗻𝗮𝗱𝗲𝗹𝗼𝗼𝘀, 𝗴𝗲𝘄𝗲𝘁𝗲𝗻𝗹𝗼𝗼𝘀, 𝗮𝗮𝗻𝗵𝗼𝘂𝗱𝗲𝗻𝗱, 𝗼𝗽𝗱𝗿𝘂𝗸𝗸𝗲𝗿𝗶𝗴.....𝗲𝗻 𝗵𝘂𝗹𝗹𝗲 𝗽𝗿𝗮𝗮𝘁 𝘀𝗹𝗲𝗴𝘁𝗲 𝗚𝗢𝗢𝗚𝗟𝗘 𝗧𝗥𝗔𝗡𝗦𝗟𝗔𝗧𝗘 𝗔𝗙𝗥𝗜𝗞𝗔𝗔𝗡𝗦! ‼️
 
🟢 Laai die TRUECALLER APP af om enige verdagte telefoonnommer na te spoor, en te sien aan wie die nommer behoort.
🟢 BLOCK enige profiel/account wat met jou kontak maak & voorgee hulle is ek, JENNIFER ZAMUDIO