DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING IN 2023! JX

Loopbaan

 

Jennifer Zamudio het haarself die afgelope 22 jaar goed in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gevestig as Sangeres, Liedjieskrywer, Compére (MC) en Televisie-Veldaanbieder. Met haar Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings, in 2017 vir “Beste Country Album” & “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar” en in 2019 vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar", het sy seker gemaak dat sy beskou word  as een van ons land se Top Afrikaanse Kunstenaars. Met twee SAMA nominasies in 2022, bevestig sy dat sy hier is om te bly!

Musiek

 

Sy het reeds dertien solo albums op haar kerfstok, en is bekend vir haar treffers, Hart se loper, Hoor Hoor, Walvisbaai, Die lewe is ‘n liedjie, Ek sal berge klim vir jou, Hart en Siel, Sê dit harder, Ongelooflik, Altyd myne, Dalk, As ek huil en haar mees onlangse vrystelling Jy het my vergeet.

Albums

 

Leef (2000 & 2001), Jy is die een (2002), Ek het jou gevind (2003), Hart se loper (2005), Hoor Hoor (2006), Hier's my hart (2008), Dekade van Musiek (2010), Die lewe is 'n liedjie (2011), Hart en Siel (2013), Vyftien Jaar Spesiale Uitgawe (2015), Ongelooflik (2016), Goud is my woorde (2018), Twintigeenentwintig (2021) & Hartswater (2023)

Enkelsnitte

 

In Augustus 2021 volg sy "Dalk" wat in Oktober 2020 vrygestel is op met "As ek huil" uit haar en Tertius Pretorius se pen. In Mei 2022 maak "Jy het my vergeet" sy buiging uit die pen van Drienie Kelly & Jaque van Wyk. Weerkaats geskryf deur Rudi Claase maak sy buiging in Okt 2022. Vroeg in 2023 op 3 Maart stel Jennifer "Kom terug", ook geskryf deur Rudi Claase, bekend as voorloper vir haar nuwe album wat oppad is. Hierdie enkelsnitte is digitaal beskikbaar op al die amptelike digitale platforms.

Duette

 

In haar loopbaan het sy reeds ‘n paar duette opgeneem onder andere “My Number One” saam met Bobby van Jaarsveld (2008), “Hart en siel” saam met Rudi Claase (2015), “Gee jou liefde net vir my” saam met Juandré Marais (2018) en in 2020 voeg sy twee nuwe duette by “Daar’s ‘n rede” saam met Henri Alant en "Liefdeshartaanval" saam met Riaan Grobler. In 2023 doen sy dit weer, en stel "I'd love you to want me" saam met Stephan Visagie vry op haar nuwe album "Hartswater".

Optredes

 

Op die verhoog is Jennifer met haar lae alt stem ‘n onbeskryflike bondel energie wat haar natuurlike aanvoeling vir vermaak elke keer laat seevier en sodoende ‘n gehoor vinnig in die palm van haar hand kry. Jennifer se musiek word in 'n genre van sy eie geklassifiseer, naamlik die ZAMJAM. Die ZAMJAM, is haar ding! Jennifer tree op by Skoue, Feeste, Funksies, Venues, Teater en Teater Restaurante regoor Suid Afrika op tot groot vermaak van vele. Bespreek haar nou by 083 514 8554 / info@jenniferzamudio.co.za 

 

Musiekvideos