DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING IN 2023! JX

Biografie

 

Jennifer is gebore in Gansbaai, Suid-Afrika en het grootgeword aan die Weskus dorpie Laaiplek / Velddrif.  Jennifer is Afrikaanssprekend en haar unieke van “Zamudio” is van Spaanse afkoms en word foneties uitgespreek as “Za-moe-die-hou”.  Sy het in 1989 gematrikuleer aan die Hoërskool Swartland te Malmesbury.   Hierdie gewilde sangeres is die afgelope 33 jaar woonagtig in Pretoria en sing reeds die afgelope 23 jaar professioneel.  Sy het haar sangloopbaan begin by Anneli van Rooyen se sangskool, Promusik in Pretoria.  Jennifer het aan die begin van haar loopbaan bekend gestaan as “Die Singende Pers Sensasie”.   Haar pers haarkleur het haar beslis laat uitstaan en word nog lank onthou.

Jennifer vermaak gehore nasionaal met haar energieke en natuurlike verhoogspersoonlikheid in die kommersiële genre.  Sy is deur die Vrouekeur Tydskrif bestempel as die “Vrou met die Ontwerperstem”.   

Jennifer se talent is raakgesien in die jaar 2000 tydens die KKNK op Oudtshoorn deur een van die beste musiek promoters in die land, Lydia Winchester, en het gelei tot Jennifer se eerste Platekontrak.

Jennifer se “ontwerperstem” sal jou wegvoer en asemloos laat aan die einde van elke optrede.  Mense van alle ouderdomsgroepe identifiseer maklik met haar musiek, en sy het die vermoeë om enige gehoor op hulle voete te kry.  Haar musiek is lewendig en energiek, maar sy het ook die gawe om mooi strelende ballades tot hulle volle reg te laat kom.  Jennifer glo daaraan om haar musiek na die mense toe te neem en vir hulle musiek te gee wat hulle wil hoor.  Sy skryf ook graag van haar eie liedjies en het haarself al baie goed bekwaam op die kitaar.  Jennifer is ook ‘n uitstekende MC en vryskut televisie aanbieder.

Jennifer het alreeds VEERTIEN solo albums agter haar naam, LEEF, JY IS DIE EEN, EK HET JOU GEVIND, HART SE LOPER, HOOR HOOR, HIER’S MY HART, ‘N DEKADE VAN MUSIEK (‘n dubbel CD ter viering van haar 10 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf), DIE LEWE IS ‘N LIEDJIE, HART EN SIEL, 15 JAAR SPESIALE UITGAWE (ter viering van haar 15 jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf), ONGELOOFLIK, GOUD IS MY WOORDE, TWINTIGEENENTWINTIG en haar 2023 vrystelling HARTSWATER.

Van haar CD’s het ook aan haar verskeie Nominasies en Toekennings in die musiekbedryf besorg.  Sy is ook al ingesluit op 16 verskillende kompilasie albums.  Vele van Jennifer se liedjies het al verskeie Nommer 1 en ander top posisies bekleë op plaaslike radio stasies se Treffer Parades. 

Haar treffer lied, “Hart en Siel”, wat spesiaal vir haar geskryf is deur die bekroonde en welbekende liedjieskrywer, Rudi Claase was 22 weke op die No.1 posisie op Bosveld Stereo se Top 20.  Dit het ook gelei  tot die enkelsnit “Sê dit harder” in 2015 wat ook deur Claase geskryf is.  Die lied het ook die verskeie No.1 posisies behaal kort na uitreiking.  Hierdie is beslis van Jennifer se loopbaan bestes.

In 2016 pak Jennifer ‘n spesiale projek aan saam met Allen McKendree van PGI Global in Nashville VSA en reik sy weer as onafhanklike kunstenaar, haar 11de CD, Ongelooflik uit wat reeds voor vrystelling deur radiostasies bestempel was as “verseker iets om na uit te sien”.  Die cd het die musiekbedryf laat regop sit en het die resensente gaande gehad.  Huisgenoot bekroon die cd met ‘n vier ster resensie, wat selde toegeken word, en mens het toe geweet hierdie cd is ‘n wenner.  Jennifer kry ook met hierdie projek haar eerste registrasie as liedjieskrywer by ASCAP – die VSA se weergawe van ons SAMRO.

In April 2017 stap Jennifer weg met twee gesogde Ghoema Musiektoekennings in die kategorieë “Beste Country Album” vir haar album “Ongelooflik” en “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar” wat toegeken is na aanleiding van die publiek se stemme wat ontvang is.

Gedurende Junie 2018 reik sy “Goud is my woorde” uit, wat net weereens dui op Jennifer se veelsydigheid as kunstenaar. Sy span kragte saam met van ons land se geliefste liedjieskrywers soos Rudi Claase, Stefan Visagie, Tertius Pretorius, Marno van der Merwe en Juandré Marais eb bring aan die luisteraar ‘n vars kwaliteit produk. Bo en behalwe die twaalf oorspronklike snitte op die album, waag sy haar stem aan Anneli van Rooyen se “Ek glo” en Niel Diamond se “I am I said” wat enorme positiewe reaksie uitlok by die publiek. 

In Februarie 2019 word Jennifer benoem vir ‘n Ghoema Musiektoekenning vir haar album Goud is my woorde in die kategorie “Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar” asook vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”. Sy stap in April 2019 weer weg met die Ghoema Musiektoekenning vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”. In 2019 toer sy deur Suid Afrika & Namibia met haar vertonings MEERASLIEFDE en IN KONSERT, wat sorg vir uitverkoopte venues.

In Februarie 2020 vat Jennifer die pad met haar TOP20TOER vertoning ter viering van haar 20 Jaar in die Afrikaanse Musiekbedryf. Hierdie toer word vining kort geknip met die uitbreek van COVID-19.

Einde Maart 2020 word die enkelsnit, “Daar’s ‘n rede”, ‘n duet met Jennifer Zamudio en Henri Alant vrygestel. Die Rudi Claase skepping bevestig weereens hoekom Rudi beskou word as een van die vooraanstaande liedjieskrywers in die Afrikaanse Musiekbedryf. Zamudio en Alant se stemme, saam, bring hierdie lied tot volle reg en die aanduidings is reeds daar dat dit ‘n weghol treffer gaan wees vir dié twee.

September 2020 word die enkelsnit “Liefdeshartaanval”, ‘n duet met Jennifer Zamudio en Riaan Grobler vrygestel. Die lied se musiekvideo word ingeskryf om Suid Afrika te verteenwoordig, saam met 22 lande, by die INFE VISION VIDEO CONTEST. Uitslae word binnekort verwag. 

30 Oktober 2020 word die krag enkelsnit “Dalk” vrygestel. Die lied behaal die #1 posisie op 6 Trefferparades en breek die rekord vir die lied wat die langste op #1 plek was op Radio Rosestad. “Dalk” was 14 weke lank op #1 op Radio Rosestad.

Op 28 April 2021, word die eerste Afri-Indie Musiek Toekennings 2021 aangebied. Die toekennings is alleenlik vir onafhanklike kunstenaars. Jennifer ontvang twee toekennings gedurende die geleentheid: Beste Duo/Groep – Jennifer Zamudio & Henri Alant vir “Daar’s ‘n rede” . Beste Vroulike Pop Enkelsnit – Jennifer Zamudio vir “Dalk

Jennifer Zamudio en Tertius Pretorius span kragte saam en skryf die lied “As ek huil” wat Augustus 2021 vrygestel word. Met die intrap slag roer die lied menigte se hartsnare en behaal sewe #1 plekke op trefferparades. 

Oktober 2021 stel Jennifer ‘n album vry getiteld, TWINTIGEENENTWINTIG, wat ‘n Eksklusiewe Versameling CD is. Daar is ‘n beperkte hoeveelheid gedruk en elke album het ‘n nommer. Die album bevat ’n versameling van Jennifer se gewildste sowel as die enkelsnitte wat slegs digitaal vrygestel was in 2020/2021. 

Op 12 April 2022, stap Jennifer weg met ‘n Afri-Indie Musiek Toekenning in die kategorie “Best Female Pop Album” vir haar album TWINTIGEENENTWINTIG. 

In Junie 2022, word Jennifer benoem vir twee SAMA’s (South African Music Awards) in die kategorieë “Beste Kontemporêre Musiek Album” vir haar CD “TWINTIGEENENTWINTIG” asook vir “SAMPRA Artist of the Year” Die Toekenningsgeleentheid vind plaas op 31 Julie 2022. 

21 Oktober 2022 stel Jennifer, met groot opgewondenheid, haar enkelsnitWeerkaats” vry. Rudi Claase doen dit weer met die skryf van hierdie treffende lied, wat reeds harte aanraak en verseker gaan uitstaan as ‘n loopbaan hoogtepunt vir Jennifer.

3 Maart 2023 stel Jennifer, ‘n nuwe enkelsnitKom terug” vry, as voorloper vir haar album wat oppad is. Uit die pen van Rudi Claase en reeds in 2009 deur Arno Jordaan vrygestel, voeg Jennifer haar kenmerkende gevoelvolle vertolking by haar weergawe van die lied en tref weereens menige harte.

4 April 2023 stap Jennifer weg met twee Afri-Indie Musiek Toekennings, “Best Adult Contemporary Artist (Female)” en “Best Pop Single (Female)” vir “Jy het my vergeet

13 April 2023 sien Jennifer se nuutste album “Hartswater” die lig in CD format en op 28 April 2023 tref dit die digitale platforms met groot opgewondenheid. Die album Hartswater bevat veertien stewige snitte met ‘n goeie balans wat strek oor genres van pop, kontemporêr en selfs ‘n bietjie Country. Luister hier na "Hartswater"

5 Mei 2023 word Jennifer genomineer vir "World Artist of the Year" tydens die "9th Annual Josie Music Awards" Die toekenningsaand vind plaas op 22 Oktober 2023 by die Grand Ole Opry House in Nashville Tennessee, USA.

 

MEDIA DEKKING

 

RADIO SPEELLYSTE 

 

Radio Sonder Grense (RSG), Jacaranda FM, Ekurhuleni FM, Overvaal Stereo, Lichvaal Stereo,

Radio Rosestad, IFM, OFM, Radio Weskus, VCR 90.6 FM, Radio Kragbron, Radio Helderberg, Radio Laeveld, 

Radio Namakwaland, Gold FM, Bosveld Stereo, Pretoria FM, Groot FM, Bay FM, Kosmos Stereo, Suid-Kaap Stereo, Waterberg 

Stereo, Luister FM, Lekker FM, Caledon FM, Radio Riverside, Bok Radio, Kanaal 7 (Namibië), Radio Kudu (Namibië), NBC 

Afrikaanse Diens (Namibië), Kosmos FM (Namibië), Mix FM (Namibië), Die Strandloper / The Pulse (Australië), Musiek sonder 

Grense (Australië), Radio Spannenburg (Nederland) en vele meer.

                                                                                                                                                               

TYDSKRIFTE & KOERANTE 

 

Huisgenoot, Vrouekeur (asook Vrouekeur se Voorblad in Aug 2006), Sarie, Rooi Rose, Finesse, Rapport Tydskrif, Taalgenoot, VONK en MENSE.  Beeld, Die Burger, Die Volksblad, Rapport, Sondag & verskeie plaaslike en distriks koerante.  Die Namibiese pers volg ook altyd haar loopbaan getrou en koerante soos Die Republikein, Namibian, Namib Times en New Era, het al almal artikels oor haar geplaas.

                

TELEVISIE

 

DSTV : KYKNET – Kwêla, Fiesta, DKNT, Casper Rasper Show 2, Dis hoe dit is met Steve 2, Skaterlag met André (die Skreeusnaakse Hipnotiseer), Glitterati, Jukebox, JAM, Bravo!, Ontbytsake en Die Groot Ontbyt. In 2020 het Jennifer ook haar buiging gemaak as Gaskunstenaar op die gewilde sepie, Binnelanders.  

Gasaanbieder vir KYKNET Fiesta in April & November 2007, Augustus 2008 en Augustus 2011 asook Augustus 2012.  Sy was ook al ‘n gas op die Namibiese TV Kanaal, One Africa.

DSTV : KYKNET & KIE – Kollig

DSTV : VIA – Musiek Paniek

ASTV (Onafhanklike Digitale Afrikaanse stasie) – Kos is op die tafel en Kos vir die Siel

SABC2  - Stouteboude, Belboks, TUBE (World of Winners), NOOT VIR NOOT 2006, Reeks 27, en PASELLA November 2011.

SABC3  - Expresso Show, November 2015


AMPTELIKE MUSIEK VIDEOS   

 

2002 – Jy is die een, die titelsnit van die CD ‘Jy is die een’.

2002 – Hey Bokka, ‘n snit vanaf die CD ‘Jy is die een’.

2005 – Hart se loper, die titelsnit van die CD ‘Hart se loper’.    

2008 – Hier’s my hart, die titelsnit van die CD ‘Hier’s my hart’.

2012Ek sal berge klim vir jou, ‘n snit vanaf die CD ‘Die lewe is ‘n liedjie’.

2013Hart en Siel, die titelsnit van die CD ‘Hart en Siel’.

2015 – Sê dit harder, ‘n snit vanaf die CD ‘15 Jaar Spesiale Uitgawe’.

2016 – Ongelooflik, die titelsnit van die CD ‘Ongelooflik’.

2018 – Altyd myne, ‘n snit vanaf die CD ‘Goud is my woorde’.

2020 – Dalk, ‘n snit vanaf die CD ‘Twintigeenentwintig’.


NIE AMPTELIKE MUSIEKVIDEOS


2018 - I am I said, 'n snit vanaf die CD 'Goud is my woorde'.

2019 - Skyn, 'n snit vanaf die CD 'Goud is my woorde'.

2019 - Goud is my woorde, die titelsnit van die CD 'Goud is my woorde'.

2020 - My hart se wens, 'n snit van die CD 'Goud is my woorde'.

2020 - Medals for mothers, 'n snit van die CD 'Jy is die een'.

2020 - Ek gaan jou kry, 'n snit van die CD 'Hart en siel'.

2020 - Opsoek na jou, 'n snit van die CD 'Die lewe is 'n liedjie'.

2020 - Bietjie van jou liefde, 'n snit van die CD 'Ongelooflik'.

2020 - Bietjie Bietjie, 'n snit van die CD 'Goud is my woorde'.

2020 - Vat jou goed, 'n snit van die CD 'Goud is my woorde'.

2020 - Bly net vanaand by my, 'n snit van die CD 'Die lewe is 'n liedjie'.


TOEKENNINGS & NOMINASIES

Oorkonde - ATKV Centurion: 22 Mei 2004 ontvang tydens ‘n vertoning in die Centurion Teater “vir die bevordering van die Afrikaanse Taal deur haar sang”.

Nominasie - Huisgenoot Tempo Musiektoekennings 2006 : Genomineer in TWEE kategorieë – Gunsteling Pop Album vir Hoor Hoor (Jennifer was die enigste “onafhanklike” kunstenaar wat die Top 10 gehaal het) en Stylvolste Vroulike Kunstenaar – in laasgenoemde kategorie   dring sy deur na die Top 3

Nominasie - VONK Musiektoekennings 2005/2006 : Genomineer in DRIE kategorieë vir die cd HART SE LOPER Album van die Jaar, Beste Vroulike Album van die Jaar en Beste Vroulike Solo Kunstenaar van die Jaar.

Nominasie - Afrikaanse Musiektoekennings (AMT’s) 2007 : Genomineer in EEN kategorieë vir Beste Afrikaanse Vertaling van ‘n Oorsese Melodie met “Droom jou mooi drome” van die cd HOOR HOOR.

Oorkonde - ATKV Centurion: 11 Augustus 2008 ontvang tydens die bekendstelling van haar nuutste cd, Hier’s my hart, weereens vir die "bevordering van die Afrikaanse Taal deur haar sang”.

Nominasie – EURO STAR AWARDS 2009 : Genomineer in EEN kategorieë vir “Female singers - Afrikaans cover of an actual Eurovision entry” met die lied “Ek wag op jou” van die cd “Hier’s my hart”.   Die lied was Noorweë se inskrywing vir die EUROVISION 2008 (Hold on be strong).

Nominasie – Rapport VONK Afrikaanse Musiektoekennings 2009 : Genomineer in EEN kategorieë vir “Beste Vroulike Solo Kunstenaar van die Jaar” met die cd HIER’S MY HART.

Nominasie – Die KYKNET Fiestas 2012/13 : Genomineer as “Beste Fiesta Aanbieder”.   

Oorkonde - ATKV Centurion: 10 April 2013 ontvang tydens die bekendstelling van haar negende cd, Hart en Siel.   

Nominasie – Ghoema Musiektoekennings 2014 : Genomineer vir “Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar” vir die album “Hart en Siel”.   

Nominasie – Ghoema Musiektoekennings 2016 : Genomineer vir “Beste Kontemporêre Album deur ‘n Vroulike Kunstenaar” vir die album “15 Jaar Spesiale Uitgawe”.              

Toekenning – Overvaal Stereo 2016 : Aangewys as “Vroulike Kunstenaar vir die Jaar” vir die album “Ongelooflik”

Toekenning – VCR 90.6 FM 2016 : Ontvang ‘n toekenning vir die No.1 posisie op hul SA Top 20 vir die liedjie “Ongelooflik”

Toekenning – Ghoema Musiektoekennings 2017 : Wenner vir “Beste Country Album” vir die album “Ongelooflik”

Toekenning – Ghoema Musiektoekennings 2017 : Wenner vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”.

Toekenning – Ghoema Musiektoekennings 2019 : Wenner vir “Publiek se Gunsteling Vroulike Kunstenaar”.

Toekenning – Afri-Indie Musiektoekennings 2021 : Wenner vir “Beste Duo/Groep” Jennifer Zamudio & Henri Alant vir “Daar’s ‘n rede”. 

Toekenning – Afri-Indie Musiektoekennings 2021 : Wenner vir “Beste Vroulike Pop Enkelsnit” vir “Dalk

Toekenning – Afri-Indie Musiektoekennings 2022 : Wenner vir “Beste Vroulike Pop Album” vir “TWINTIGEENENTWINTIG

Nominasie – South African Music Awards (SAMA’s) 2022 : Genomineer vir “Beste Kontemporêre Musiek Album” vir “TWINTIGEENENTWINTIG”.

Nominasie – South African Music Awards (SAMA’s) 2022 : Genomineer vir “SAMPRA Artist of the Year”.

Toekenning – Afri-Indie Musiektoekennings 2023 : Wenner vir “Best Adult Contemporary Artist (Female)”

Toekenning – Afri-Indie Musiektoekennings 2023 : Wenner vir “Best Pop Single (Female)” vir “Jy het my vergeet

Nominasie – Josie Music Award 2023 : Genomineer vir “World Artist of the Year”.

  

INTERNASIONALE ERKENNING : 2006

Jennifer verteenwoordig Suid-Afrika by die “World Song Festival 2006” met haar eie komposisie “Hou my net ‘n bietjie vas” vanaf haar nuustste CD “Hoor Hoor”.  Sy behaal die 55ste plek uit 100 deelnemende lande en dit besorg aan haar Internasionale erkenning.  Hierdie kompetisie is slegs geskoei op komposisies en word beoordeel deur ‘n paneel van 50 beoordeelaars van regoor die wêreld.


INTERNASIONALE ERKENNING : 2008

Sy word ook gevra deur Noorweë se President van Eurovision om hulle wenlied en inskrywing vir Eurovision 2008 in Afrikaans te vertaal. Die lied is amptelik aan Noorweë en die oorspronklike sanger oorhandig tydens Eurovision 2008.  Noorweë, wat een van die gunstelinge was, het sukses behaal deur 5de te eindig uit 24 Europese lande. Dit is ‘n groot eer en ‘n eerste vir ‘n SA kunstenaar.  Jennifer se Afrikaanse weergawe van die lied, Ek wag op jou, is ook op haar nuwe CD, Hier’s my hart , ingesluit.

 

INTERNASIONALE ERKENNING : 2011

Die liedjie “Ek sal berge klim vir jou” vanaf haar nuutse cd “Die lewe is ‘n liedjie” word ingeskryf as Suid Afrika se verteenwoordiger by die “Global Song Contest 2011”.   Die kompetisie word deur   Eurovision aangebied.  Daar is ‘n totaal van 150 lande wat deelneem aan die gesogte kompetisie.  Die goeie nuus is dat Suid Afrika in die 16de plek geeindig het.


INTERNASIONALE ERKENNING : 2016

Die musiekvideo van haar treffer “Sê dit harder” vanaf haar CD “15 Jaar Spesiale Uitgawe” word op versoek ingeskryf vir ‘n Internasionale Sangkompetisie, SuperXtar. Die kompetisie word aanlyn aangebied en word deur aanlyn stemme bepaal. Sy wen die eerste twee rondtes en dring deur na die Finaal, waar sy Suid Afrika & Afrikaans gaan verteenwoordig, in 2017 in die VSA.

 

INTERNASIONALE ERKENNING : 2021

Die enkelsnitte “Dalk” en “As ek huil” eindig op #1 en #2 onderskeidelik, met Radio Spannenburg (Nederland) se Top 10 Zuid Afrikaanse Liedjies vir 2021.

 

LIEFDADIGHEID 2013

Jennifer is tydens die bekendstelling van haar cd “Hart en Siel” aangewys as ‘n “Welwillendheids Ambassadeur” van die Acorn Foundation.  ‘n Nie-winsgewende organisasie wat ‘n platform skep “make it easy to do good”.  

In 2014 skop Jennifer haar jaar af met die “Bly Aan Glo” Toer in samewerking met die Acorn Foundation. Die toer het bestaan uit tien optredes van die Oos Kaap tot in die Vrystaat. Tydens die toer besoek Jennifer tien liefdadigheids organisasies en gee in totaal 3 850 maaltye uit. – www.acornfoundation.org.za 

 

LIEFDADIGHEID 2018 / 2019 / 2020   

Jennifer word aangewys as Ambassadeur vir Tekkie Tax

 

HANDELSMERK AMBASSADEUR

Jennifer is tans die trotse “Handelsmerk Ambassadeur” vir:

Nova Medical Aesthetics (Suid-Afrika)

Agama Lodge, Sossusvlei (Namibia)

Flamingo Villas Boutique Hotel, Walvisbaai (Namiba)

 

CD’s (ALBUMS) REEDS UITGEREIK  

 

TITEL

DATUM 

PLATEMAATSKAPPY

VERSPREI 

SOLO ALBUMS:

Leef                                                  

Mrt 2001

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

Jy is die een                                 

Mei 2002

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

Ek het jou gevind                     

Okt 2003

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

Hart se loper                            

Apr 2005

Jennifer Zamudio

SMD

Hoor Hoor                                   

Jul 2006

Jennifer Zamudio

SMD

Hier’s my hart 

Aug 2008

Markon Records

SMD

‘n Dekade van Musiek –dubbel cd

Mei 2010

Markon Records

SMD

Die lewe is ‘n liedjie

Jul 2011

Zamudio Musiek

SMD

Hart en Siel

Mrt 2013

Zamudio Musiek

SMD

15 Jaar Spesiale Uitgawe

Jul 2015

Jewel Entertainment

Universal Music

Ongelooflik

Jun 2016

Jennifer Zamudio

On the Go & Partners

Goud is my woorde

Jul 2018

Jennifer Zamudio

On the Go & Partners

Twintigeenentwintig

Okt 2021

Jennifer Zamudio

Jennifer Zamudio

Hartswater Apr 2023 Jennifer Zamudio Jennifer Zamudio

 

 

 

 

ENKELSNITTE:

 

 

 

Dalk

Okt 2020

Jennifer Zamudio

Next Music Distribution

As ek huil

Aug 2021

Jennifer Zamudio

Next Music Distribution

Jy het my vergeet

Mei 2022

Jennifer Zamudio

Next Music Distribution

Kom terug Mrt 2023 Jennifer Zamudio Next Music Distribution

 

 

 

 

ENKELSNITTE - DUETTE:

 

 

 

Daar’s ‘n rede (duet with Henri Alant)

Apr 2020

Jennifer Zamudio & Henri Alant

Next Music Distribution

Liefdeshartaanval (duet with Riaan Grobler)

Sep 2020

Universal Music

Universal Music

 

 

 

 

KOMPILASIE ALBUMS:

Afrikaanse Nuwe Sterre                   

2001

EMI

EMI

Dozi & Vriende                                 

2002       

Sting Music (Stêr Musiek)

Universal Music

Warm Treffers                                  

2002       

Sting Music (Smug Music)

Universal Music

Kaleidoskoop 1 - Stef Kruger              

Mei 2006

EMI Music

EMI

Bevonkte Afrikaanse Treffers Vol.2

Jul 2006

Vonk Musiek

SMD

Grootste Afr Sokkie 4                          

Mei 2007

Select Musiek

SMD

Grootste Afr Love Songs                  

Jun 2007

Select Musiek

SMD

Vrouekeur Jou eie Top 20

Sep 2007

EMI Music

EMI

Kaleidoskoop 2 – Stef Kruger

Okt 2009

Vonk Musiek

Vonk Musiek

Grootste Afr Sokkie DVD Vol.3

Okt 2010

Select Musiek

SMD

Grootste Afr Sokkie DVD Vol.4

Jun/Jul 2012

Select Musiek

SMD

Grootste Afr Sokkie 9

Jun/Jul 2012

Select Musiek

SMD

Premium Treffers

Jul 2012

Select Musiek

SMD

Bok Radio Top 40 Vol.2

Aug 2013

Select Musiek

SMD

‘n Dekade +3 van Afr Treffer Vol 7

Okt 2013

Universal Music

Universal Music

 

 

 

 


OPTREDES / VERWYSINGS & HOOGTEPUNTE

(om net sommiges uit te sonder)

Jennifer is ‘n gewilde kunstenaar in die musiekbedryf – en word genooi om by van ons land se grootste feeste, skou, geleenthede en teaters op te tree, om slegs ‘n paar hoogtepunte uit te sonder:

 

Kersfees Skouspel, Carnival City 2012

Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2000 – 2005, 2007, 2008, 2011

Aardklop Nasionale Kunstefees 2001 – 2008 (Compére vir Beeld by die Beeld-verhoog)

Gariep Kunstefees 2003 – 2006, 2008, 2011, 2017

Innibos Nasionale Kunstefees 2004 – 2007 / 2009 (Beeld Afskop Hoofverhoog Musiekfees), 2011 - 2018

Huisgenoot Musiekvaart MSC Symphonia – 2010 

The Carousel Casino and Entertainment World 2001, 2002 & 2009

Carnival City Casino – Big Top Arena, Afrikaanse Musiekfees  2003

Carnival City Casino – Big Top Arena, Klipdrift Afrikaanse Musiekfees4 2005 & Musiekfees5 2006 

Carnival City Casino – Big Top Arena, Afrikaans Music Festival 10 – 2011

Carnival City Casino – Big Top Arena, Kersfees Skouspel 2012

Emerald Casino – Oppievaal Musiekfees 2005

Meropa Sun International Casino, Polokwane – 2006

Flamingo Casino, Bar 129, Kimberley – 2007, 2013, 2016

The Ridge Casino, Witbank – 2012, 2013

Centurion Teater – Pretoria 2003, 2004, 2005, 2006, 2010, 2011, 2013, 2018, 2021

The Performer Teater – Pretoria

Die Barklystraat Teater – Uitenhage 2013, 2014, 2015, 2016, 2017, 2018, 2019

Die Pierneef Teater – Pretoria

Musiekskuur (Barnyard Parkridge) – Pretoria 2016, 2017, 2018, 2019 

Barnyard Vereeniging 2016

Innie Skuur Teater – Bloemfontein 2015, 2016, 2017, 2018, 2019

Jamrock Teater – Brackenfell 2015, 2016, 2017, 2018

7de Laan Jolyt (Gaskunstenaar saam met die Akteurs) - Phalaborwa 2005

Royal Skou – Pietermaritzburg 2005 (Radio Sonder Grense Musiekfees – Anton Goosen & Vrinne)

Beeld Kinderfonds Valentynsbal – Pretoria, 10 Feb 2006 (Gaskunstenaar saam met 7de Laan & Egoli Akteurs)

Compére saam met Elana Afrika by die Mrs Style South Africa – April 2006

“Soos ou vriende – vir Anneli van Rooyen” – Centurion Teater, Januarie 2008 (deel van die huldigingskonsert vir Anneli van Rooyen)

Jennifer Zamudio & Juanita du Plessis – The Ridge Casino, Witbank, 2012

Jennifer Zamudio & Theuns Jordaan – The Ridge Casino, Witbank, 2013

Jennifer Zamudio & Steve Hofmeyr – The Ridge Casino, Witbank, 2013

Super Sokkie, Kurt Darren & Vriende – Sun City Superbowl, 2017