Ongelooflik

iTunes USA  /  iTunes New Zealand  /  iTunes Australia

ONGELOOFLIK (2016)

1. Ongelooflik

2. Dans met my

3. End is you

4. Bietjie van jou liefde

5. Breekweg

6. This love

7. Ek is joune

8. Wys my jou hart

9. Dream of you

10. Hartseer

11. I'm gonna love you through this

12. Where would you be

13. Somernagte

14. Toe jy vir my kyk

MEDIAVRYSTELLING – ONGELOOFLIK

As Jennifer Zamudio op haar nuutste vrystelling, Ongelooflik, klink soos nog nooit vantevore nie, is dit nie om dowe neute nie. Vir hierdie CD het Jennifer haar vlerke gesprei, maar teselfdertyd getrou gebly aan die klank waarvoor haar aanhangers haar leer liefkry het.

Die titelsnit is die tweede produk van ‘n samewerkingsooreenkoms met Palmer Global Ink daar in die country-hart van Nashville, Tennessee in die VSA. Die lied is geskryf deur Allen McKendree Palmer en Bridgette Tatum en Jennifer het vir die Afrikaanse lirieke gesorg.

Die 14 snitte op die album getuig deurgaans van ‘n volwasse klank met ‘n internasionale kwaliteit wat dit duidelik maak waarom die Amerikaners haar nie kon weerstaan nie. Vyf van die snitte is in Engels, en dit is byvoorbeeld met liedjies soos “End is You” duidelik dat Jennifer gemaklik haar plek langs kontemporêre countrykunstenaars soos Lady Antebellum en Faith Hill kan inneem. Sy sit hierdie kragtoer voort met die snit “Dream of You” en “This Love”.

Jennifer se pad het so twee jaar gelede met dié van Allen McKendree Palmer van Palmer Global Ink gekruis wat tot ’n reis na Nashville gelei het.

Sy sê sy staan nog maar aan die begin van haar samewerking met Palmer Global Ink en beplan om in die toekoms nog meer in Engels te sing, maar sy maak dit duidelik dat sy nie haar Afrikaanse aanhangers gaan agterlaat nie.

Wanneer sy self die pen vashou, is ‘n mens dankbaar daarvoor, want mooi Afrikaanse liedjies soos “Bietjie van jou liefde” en “Ek is joune” is die resultaat.

Sarah Theron se liedjie “Hartseer” kry Jennifer se gevoelvolle benadering en dit is duidelik dat sy tot haar volle reg kom wanneer sy liefdesballades sing, en met “Where Would You Be” kan sy maklik kers vashou met Martina McBride, wat dié liedjie bekend gemaak het. Terselfdertyd druk sy haar eie stempel stylvol daarop af en maak dit haar eie.

Onder die Engelse snitte is dit veral ook “I’m Gonna Love You Through It” wat Jennifer na aan die hart lê, en in die omslag dra sy dit op aan almal wie se lewe al op een of ander manier deur borskanker geraak is. Dié liedjie is ook al deur McBride opgeneem.

Hoewel die meeste van die liedjies op die nuwe album countryballades is, wys sy met “Toe jy vir my kyk” dat sy weet hoe om die voete op die dansbaan te kry.

Op hierdie album, haar 11de een, is ‘n mens bewus van hoe baie Jennifer die afgelope 16 jaar as kunstenaar gegroei het. Haar klank is meer afgerond as ooit tevore en sy sê self dat die internasionale blootstelling wat sy in Tennessee gehad het ongetwyfeld ’n rol daarin gespeel het. 

Christie Schutte van Startrax Studios was in die ateljee vir die produksie en met die kitaarkoning Juan “Floors” Oosthuizen se bydrae is dit duidelik dat net die beste goed genoeg was.

Jennifer reis in Oktober vanjaar weer na Nashville waar sy Suid-Afrika sal verteenwoordig as ’n finalis in die Superxtar-aanlyn-sangkompetisie. Heel moontlik gaan sy dan ook die geleentheid kry om haar eerste solovertoning in Nashville te lewer.

Dit is ’n besondere eer vir enige kunstenaar om in hierdie musiekmekka op te tree, maar met Ongelooflik wys Jennifer Zamudio dat sy enigiemand kan betower.

Met die plofbare kombinasie van energie, toewyding en harde werk gaan Jennifer Zamudio binnekort ons heel grootste én veelsydigste uitvoerproduk wees.

Opgestel deur Anna-Retha Bouwer

13 available.

R120.00

Notify me when Ongelooflik is available.