Hart en Siel

iTunes USA   /  iTunes New Zealand  /  iTunes Australia

HART EN SIEL (2013)

1. Bly aan glo

2. Maak oop jou hart

3. Hart en Siel

4. My hart klop vir jou

5. My liefling

6. Ek staan op my knieë

7. Bottelbrief

8. Wind van verlange

9. Ek gaan jou kry

10. Ek wil jou wys

11. Sal jy ooit weet

12. Jy's my engel

13. Lugkastele

14. 'n Ster vernoem na jou

15. BONUS SNIT - Hart se loper (Nuwe opname)

MEDIA VRYSTELLING – HART EN SIEL

Met 13 jaar in die musiekbedryf en nou nege vollengte albums op haar kerfstok, loop Jennifer Zamudio die musiekbedryf behoorlik storm met haar nuutste vrystelling Hart en Siel.    

Jennifer wys met hierdie album dat sy gemaklik gevestig is in haar genre en beklemtoon net weer haar bekende en energieke styl, borrelende persoonlikheid en warm alt stem.  Die titelsnit van die gelyknamige album Hart en Siel is spesiaal vir Jennifer geskryf deur die meester sanger-liedjieskrywer, Rudi Claase en dra beslis Rudi se kenmerkende skryfstyl.  Hierdie lied is so ongelooflik mooi en emosioneel dat dit aan jou hartsnare roer.  Nog ‘n lied uit Rudi se pen is Wind van verlange, wat inderdaad soos ‘n vars bries op jou ore val. 

Luister jy na die vyf oorspronklike snitte, Bly aan glo, Bottelbrief, Maak oop jou hart, Sal jy ooit weet en Ek staan op my knieë - wat uit Jennifer se eie pen kom, besef jy dat sy letterlik haar hart en siel in hierdie projek gestort het.  Sy lê haarself bloot met hierdie snitte en beklemtoon net weer haar liedjieskryf vermoeë.  Dit wissel tussen volwasse kontemporêr, pop en ‘n paar sjarmante ballades.  Een van die verrasings op die cd is Ek staan op my knieë, wat ‘n aangename country-aanslag het en aanklank sal vind by menige country liefhebbers.

Jennifer het ook weer gaan aanklop by haar eweknieë in die Europese mark en daar is verder sewe vertalings waarvoor Jennifer ook al die Afrikaanse lirieke geskryf het.  Soos dit hierdie snitte betaam het dit opgewekte vrolike ritmes wat beslis jou voete aan die beweeg gaan kry.  Ek gaan jou kry is ‘n stoute terg liedjie wat vinnig jou aandag sal trek en die deuntjie gaan onwillekeurig in jou kop vassteek.  Jennifer beskou hierdie snit as haar “speel-liedjie” en jy kan letterlik die glimlag in haar stem hoor.

Die bonussnit verdien om genoem te word.  Dit is ‘n her-opname van haar ou treffer Hart se loper wat reeds in 2003 die lig gesien het.  Hierdie is immers die eerste lied wat uit haar eie pen gekom het en waarmee Jennifer haar merk in die musiekbedryf gemaak het.  As iemand soos Steve Hofmeyr wat ons land se mees suksesvolste kunstenaar is en ook bekend is vir sy skryfvermoeë, vir ‘n kunstenaar sê: “skryf jy maar net vir ons nog ‘n Hart se loper” - dan kan jy maar weet jy het beslis talent.    

Die album kan van begin tot einde regdeur geluister word sonder dat jy enige snit sal wil oorslaan.  Dit beloof om jou letterlik met “Hart en Siel” te bekoor en is beslis ‘n vertoonvenster van Jennifer se passie in die lewe, musiek.  “Hart en Siel” is ‘n treffer album wat ‘n hele paar radio treffers gaan oplewer en dit gaan ‘n onmiskenbare merk laat op die Afrikaanse musiekbedryf. 

11 available.

R100.00

Notify me when Hart en Siel is available.