DANKIE VIR JOU ONDERSTEUNING IN 2023! JX

CD - Goud is my woorde (2018)

R120.00

GOUD IS MY WOORDE (2018)

1. Goud is my woorde

2. Altyd myne

3. Meer as liefde

4. Gee jou liefde net vir my (Duet met Juandre Marais)

5. Bietjie Bietjie

6. Seisoene van liefde

7. Ek glo

8. My hart se wens

9. Tot die see opdroog (Pappa se song)

10. I am I said

11. Skyn

12. Enige iets

13. Dis hoe dit voel

14. Vat jou goed (Nuwe opname)

*Verpakking ingesluit

MEDIA VRYSTELLING - GOUD IS MY WOORDE

Jennifer Zamudio het onlangs haar twaalfde album vrygestel en hierdie Afrikaanse CD met veertien liedjies op beloof om ‘n groot sukses te wees.

Jennifer Zamudio het geen bekendstelling in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf nodig nie en as daar een ding is wat hierdie dinamiese sangeres nog altyd baie goed reggekry het, is dit om haarself en die musiek wat sy maak, keer op keer te vernuwe en om elke keer met ’n splinternuwe, vars produk vorendag te kom. 

Sy ken haar mark en haar mense en het nog altyd haar vinger op die pols gehad wat haar musiek betref.

Haar jongste album, Goud Is My Woorde, gaan sonder twyfel weer ’n sukses wees en ’n wye mark sal daarby aanklank vind.

“As ’n onafhanklike kunstenaar in ’n bedryf wat so vinnig groei en verander, moet jy jouself die hele tyd aanpas en vernuwe. Ek glo hierdie album pas perfek by die hedendaagse musiekneigings en -behoeftes.

“Ek het baie jong musikante gebruik om my met die album te help en ek is baie trots op die eindproduk. Dis modern, in pas met die hedendaagse klanke en steeds heerlike lekkerluister musiek,” sê Jennifer.

Die album Goud Is My Woorde is Jennifer se 12de album en sy is hierdie jaar reeds 18 jaar werksaam in die musiekbedryf.

Een van die onlangste hoogtepunte van haar sangloopbaan, is die Ghoema-toekenning wat sy verlede jaar vir haar Country-album ontvang het.

Die album Goud Is My Woorde bevat veertien lekker luister liedjies en Jennifer vertel dat hulle elke liedjie met die hand gekies het.

“Daar is ’n goeie balans op die album en die genre wissel tussen popmusiek en kontemporêre musiek. Ek glo mense se ore moenie moeg raak wanneer hulle na ’n liedjie luister nie en daarom is elke liedjie op hierdie album lekker om na te luister.

“Ek het maar nog altyd ’n sagte plek vir ’n mooi melodie en ek hou van liedjies met musikale melodieë. Deesdae raak ’n mooi melodie so maklik verlore, maar ek hou van musiek wat sterk gedrewe en kragtig is,” sê Jennifer.

Al veertien liedjies op Goud Is My Woorde vorm ’n sterk eenheid.

Buiten die vyf liedjies op die album wat uit Jennifer se eie pen gevloei het, is die liedjie Goud Is My Woorde spesiaal deur Rudi Claase vir die album geskryf. Hierdie liedjie weerspieël letterlik Jennifer se hele loopbaan tot dusver.

Die meesleurende Tot Die See Opdroog is ‘n liedjie wat Jennifer spesiaal vir haar pa geskryf het ná sy dood en baie menses al met hierdie lied kan identifiseer.

Jennifer het Anneli van Rooyen se treffer Ek glo pragtig verwerk en sy is verseker een van die min dapper vroue wat al haar hand aan ‘n Neil Diamond liedjie gewaag het. Haar weergawe van sy I am I Said gaan beslis ook aftrek kry.   

Die duet saam met Juandre Marais Gee Jou Liefde Net Vir My is nog ‘n hoogtepunt op die album.

Jennifer is een van die kunstenaars in die land wat steeds gereeld optree en konsert hou en ondervinding het haar geleer dat om te toer die effektiefste manier is om haar musiek by die mense en haar aanhangers te kry.

Sy doen gereeld vertonings en hoewel dit harde werk is, het dit haar nog nooit afgeskrik nie.

Ná byna 20 jaar in die bedryf, is sy steeds mal oor haar werk en sy vertel spontaan dat sy nog elke keer opgewonde is om op ’n verhoog te stap en vir mense te sing.

“Dis regtig nog al die tyd vir my lekker om te kan sing en ek beskou dit as ’n voorreg dat ek my passie kan uitleef en elke dag iets te kan doen waarvan ek regtig baie hou.”

En solank as wat mense haar CD’s koop en konserte bywoon, sal sy aanhou om musiek te maak. Hoe dan nou anders?                                                                                                                      

Opgestel deur Teresa Coetzee

R120.00