15 Jaar Spesiale Uitgawe

iTunes USA   /  iTunes New Zealand  /  iTunes Australia

15 JAAR SPESIALE UITGAWE (2015)

1. Sê dit harder

2. Hart en Siel - Duet met Rudi Claase

3. Wind van verlange

4. Ek sal berge klim vir jou

5. Ek staan op my knieë

6. Die lewe is 'n liedjie

7. Jammer

8. Gee my net 'n bietjie liefde

9. Bly aan glo

10. Opsoek na jou

11. 'n Ster vernoem na jou

12. Sal jy ooit weet

13. Maak oop jou hart

14. My hart klop vir jou

BONUS:

15. Eyes wide open

16. Layers

17. Bitter pill

18. Pure Light

MEDIA VRYSTELLING – 15 JAAR SPESIALE UITGAWE

Na vyftien suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, het Jennifer Zamudio beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Weskussangeres, met haar sielvolle stem, ritmiese musiek en sonnige verhoogpersoonlikheid het oor die afgelope paar jaar diep in haar ondersteuners se harte kom nesskop. Sy het reeds nege suksesvolle albums uitgereik, saam met bekendes soos Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en vele meer opgetree, nommer een treffers oor die radio gehad en talle nominasies vir haar musiek ontvang... en sy het nog baie planne om haar loopbaan uit te brei.  

Een van hierdie planne sluit haar nuutste album, 15 Jaar Spesiale Uitgawe, in wat beslis gaan voortbou op haar wenresep en beloof om nie teleur te stel nie. “Ek vier vanjaar vyftienjaar in die Afrikaanse musiekbedryf en as ’n blyk van waardering wou ek iets spesiaal bymekaarsit om dankie te sê vir die volgehoue ondersteuning. Daarmee saam wou ek ’n bietjie grense skuif en ’n tikkie varsheid sprinkel,” sê sy.

Album nommer tien bestaan uit 18 snitte, wat sorgvuldig uitgesoek is om die sukses van haar loopbaan in ’n neutedop vas te vang. Buiten vir ou geliefde gunstelinge, spog die CD ook met vier splinternuwe internasionale snitte: Eyes Wide Open, Bitter Pill, Layers en Pure Light, wat spesiaal deur skrywers uit Nashville, Liverpool en Londen vir haar geskryf is. Die nuwe Afrikaanse treffer, Sê dit Harder, is ook baie indrukwekkend en gaan beslis aanklank vind by jonk en oud.  

15 Jaar Spesiale Uitgawe is die perfekte kombinasie van kontemporêre hartsmusiek (Ek sal berge klim vir jou, Maak oop jou hart en My hart klop vir jou) en ritmiese dansmusiek (Wind van Verlange en Die lewe is ’n liedjie), wat jou voete sal laat jeuk om jou geliefde nader te trek vir ’n romantiese rondte op die dansvloer. As ’n ekstra bonus word luisteraars ook bederf met ’n pragtige duet, wat saam met een van haar groot vriende - liedjieskrywer en sanger Rudi Claase - opgeneem is. Hart en Siel is ’n bestaande treffer, uit Rudi se pen, wat spesiaal vir hierdie album verwerk is en die einresultaat is strelend op die oor.

Volgens Jennifer was die grootste uitdaging, tydens die jaar waarin die album opgeneem en saamgestel is, om te besluit watter liedjies om in te sluit om ’n perfekte eindproduk te lewer, met ’n vars andersheid wat grense sal verskuif. “Daar is net soveel plek op ’n CD en om te moet uitsonder! Elke lied wat ek in die verlede op ’n album gesit het, was so goed gedeurdink en beplan... en met rede opgesit. Dit was ’n groot taak om te moes kies,” vertel sy.

Daar is natuurlik nog baie liedjies wat sy graag ook op hierdie album sou wou insluit, soos Lugkastele en Bly Net Vanaand By My (wat sy graag as ’n duet saam met Juandré Marais wil opneem), wat heel moontlik wel weer hulle verskyning sal maak op ’n toekomstige album. Maar vir nou werk sy eers hard daaraan om die huidige projek te bemark en voort te bou op die sukses van die afgelope paar jaar.

Jennifer Zamudio se 15 Jaar Spesiale Uitgawe is die perfekte versamelstuk vir enige Zamudio- en Afrikaanse-musiekliefhebber se CD-rak en een van haar treffendste werke tot op datum. ’n Mens kan nie anders as om uit te sien na die musiek wat hierdie dinamiese sangeres, met haar Spaanse van en ontwerperstem, oor die volgende vyftien jaar gaan lewer nie.

R120.00

Geen Voorraad!

Notify me when it is available

Notify me when 15 Jaar Spesiale Uitgawe is available.